More Website Templates @ TemplateMonster.com - August 1st 2011!

Aktueel   -  Afkondigings

Kerkalamanak 2016
Die gemeente se hart en hande is oop vir die verkondiging van die evangelie.

Plaaslik– die gemeente dra by tot ‘n bediening onder plaaswerkers en bedryf ‘n Noodspens wat in voedsel- en ander vorme van nood help.

Transkei
– hier is ons al etlike jare betrokke by ds Christo en Deleste Wooding wat vanuit Kokstad in ‘n wye area die enigste leraarspaar is. Ons bydrae is in die vorm van gebedsondersteuning, finansieel tot sy salaris, besoeke, bouprojekte ens. Dit was ‘n voorreg om eers ‘n kombuisie by Brooksnek te bou en later saam met Onrusrivier se gemeente ‘n kerkie by Aloekop. Beide die projekte was ‘n Geestelik verrykende geleentheid. Trouens elke besoek aan die Transkei was ‘n groot voorreg vir die gemeente.

Mosambiek– ons ondersteun Alfred en Belinda Paetzholt wat onder die Yao stam werk in die Noorde van Mosambiek. Hier doen ons voorbidding en dra finansieel by tot hul lewensonderhoud. Alfred en Belinda was beide proffesionele persone toe die Heer hulle tot hierdie werk geroep het. Hulle het in ‘n aardse sin baie opgeoffer maar doen die werk met groot toewyding. Hierdie gesin (hulle het 3 seuns) sit in groot afsondering om die evangelie oor te dra.

Japan– ons ondersteun Stefan en Carina van der Watt deur voorbidding en ‘n fianasiele bydrae. Stefan was leraar in die Ooskaap toe die Heer hulle geroep het. Sy skoonouers was reeds in Japan as Sendelinge werksaam (Tobie de Wet), maar staan op aftrede. Tog wonderlik hoe die Heer toe juis hierdie egpaar roep terwyl Carina reeds blootstelling uit haar kinderdae aan Japan se sendingwerk gehad het.

Mag die Heer ons steeds meer op die terrein van die sending inspireer en tot diens maak.