Die leuse bokant die orrel wat aangebring is toe Afrikaans al goed as kanseltaal gevestig was, is op ‘n blikplaat geverf.  Indien dit uit die Nederlandse Kanselbybel van 1859 geneem was, sou dit gelui het ” … en in deze plaatz zal Ik vrede geven …”.