Grootkerk - Leraar

Ben van Tonder groei in Pretoria op, en matrikuleer in 1986 by Elandspoort Hoërskool. Hy begin in 1987 met sy teologiese studies aan die Universiteit van Pretoria, en verwerf sy BA-graad in teologie in 1989, sy Honneursgraad in Bybelkunde in 1990 en sy BD-graad in teologie in 1993. In 1994 word hy gelegitimeer as predikant in die NG-kerk, en word beroep na NG Eldoraigne in Centurion, waar hy 13 jaar lank as jeugleraar bedien. In 2006 word hy na NG Proteapark in Rustenburg beroep waar hy 6 jaar lank onder andere die jeugbediening behartig. In 2012 word hy beroep na NG Delmas Moedergemeente. In Januarie 2017 is hy beroep na NG Grootkerk in Graaff Reinet.
Intussen verwerf Ben ‘n verdere 3 grade in teologie: ‘n Meestersgraad aan die Universiteit van Unisa in 2001 sowel as ‘n Meestergraad by Tukkies in 2007. Hy verwerf ook sy Doktorsgraad by Tukkies in 2010.
Ben van Tonder beoefen vanaf studentejare vir bykans 15 jaar lank ‘n landswye musiekbediening waartydens hy 5 Gospel-CD’s van sy eie oorspronklike komposisies vrystel, waarvan een in 2004 met die Liertoekenning van die ATKV vereer word.
Ben van Tonder is ook ‘n gepubliseerde skrywer wat alreeds talle boeke die lig laat sien het, waarvan die boek, “Geestelike volwassenheid” wat deur Lux Verbi in 2007 uitgegee is, die bekendste is. ‘n Boek vir vroue waarvan hy ‘n medeskrywer is, is deur Carpé Diem-uitgewers vrygestel.
Ben is getroud met Sanet, wat saam met hom in die bediening werk. Sanet het haar Bed (FET) graad in 2017 verwerf deur Unisa en beplan om verder deeltyds te studeer in Opvoedkundige Sielkunde. Saam het hulle 6 kinders waarvan een reeds getroud is. Op die foto is dr Ben, Sanet, Lara wat tans by Universiteit Pretoria studeer, Eduan en Alinda.

Kerkraad 2018